|
Champignon Lasagne Met Cheddarkaas
Algemeen
Bereidingstijd: 30-60 minuten
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 45 ml olie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 g Denny Bruin Sampioene, gesny
250 g Denny Portabellini Sampioene, gesny ( By sommige Spar winkels)
sout en peper
60 ml suurroom
45 ml botter
45 ml koekmeelblom
1 ml neutmuskaat
625 ml melk
250 ml gerasperde cheddarkaas
1 pak (200 g) lasagne-velle
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Verhit die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel en sampioene by, bedek en pankook tot gaar. Verwyder van die hitte en geur met sout en peper. Roer die suurroom by. (Die mengsel moet souserig wees)
Hou eenkant. Smelt die botter en roer die meel en neutmuskaat by.
Laat opkook en voeg die melk bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geroer word.
Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik. Verwyder van die hitte en roer die kaas by.
Voorverhit die oond tot 200 ?C en smeer ′n 20 x 25 cm oondbak. Smeer 125 ml van die kaassous oor die bodem van die bak.
Pak ′n laag lasagnevelle daarop, skep van die sampioenmengsel oor, gevolg deur kaassous en ′n laag lasagne-velle. Herhaal die proses en eindig met ′n laag kaassous. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin bo-op.
Genoeg vir 8 -10 mense.
|
|
|