|
Aspergevis
Algemeen
Bereidingstijd: 30-60 minuten
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 750 g Stokvisporsies(KOOLVIS) -
Sout & Peper -
1 klein ui, fyngekap -
1 blik Aspersiepunte (460 g) -
125 ml Melk -
12,5 ml Mosterdpoeier -
20 ml Mielieblom -
50 g Cheddarkaas, gerasper (125 ml)
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Voorverhit oond tot by 180 ?C.
Verwyder die vel van die stokvis terwyl dit nog gevries is en laat dit daarna effens ontdooi.
Geur na smaak met sout en peper en plaas in ′n oondvaste skottel.
Sprinkel die gekapte ui bo-oor.
Dreineer die aspersies, maar behou die sap.
Rangskik die aspersie bo-op die vis.
Meng die aspersiesap, melk, mosterdpoeier en mielieblom goed in ′n kastrol en geur na smaak met sout en peper.
Verhit tot kookpunt terwyl gedurig geroer word.
Voeg ekstra melk by indien die mengsel te dik is.
Voeg die Cheddarkaas by en roer tot heeltemal gesmelt.
Giet oor die vis.
Bedek en bak ongeveer 30 minute lank of totdat die vis heeltemal gaar is.
Dien op saam met aartappels, ertjies en murgpampoentjies.
|
|
|