|
Maispap Met Saus
Algemeen
Bereidingstijd: 30-60 minuten
Maaltijdgang: Bijgerecht / Bijgerecht
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: Ek gebruik ongesifde growwe mieliemeel. Baie keer staan daar-op: braai-pap
Die hoeveelhede van water en meel hang af hoe jy die tekstuur van die pap wil he. As jy krummelpap wil he is dit min water en baie meer meel ( en baie botter)
Dan kan jy dit natuurlik dikker maak dat dit so begin klont aanmekaar ; ( Pu-tu pap); Jy kan dit ook heel styf maak . Die mense bo in die Transvaal is lief om dit so te eet. Dan rol hulle bolletjies en doop dit in die sous en so eet hulle.
Natuu
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Ek gebruik n swaarboom ysterpot. Daar kan seker amper 4 liters inkom.
Gebruik gekookte water en vul die pot so net onder half.
Sit die plaat op hoog.
strooi sout in na smaak.
Hou dit maar dop want dit kook maklik oor.
Ek sit sommer n paar stukke botter ook al hier in.
As die water goed kook, haal ek dit van die hitte af en nou kom die meel by.
Ek roer eers omtrent 1kg in.
Dan sit ek dit terug op die plaat en hou aan deur roer met n houtlepel.
Hier is dan die moment waar elke mens se smaak verskil van hoe dik jy die pap wil he of hoe droog. Nou die aand het ek op die end amper die hele 2 kg pak gebruik en nog water ook.
Wees versigtig want die pap moet nog stoom en dit laat ook weer die pap klammer. As jy dit so n putu pap wil he moet daar nog so bietjie droe meel te sien wees. Draai die hitte af na omtrent 2 , sit nog botter in. Plaas deksel op om lekker lank te stoom. Maar roer maar kort-kort. Jy kan selfs nog bietjie botter insit.
Ek dink 1 uur is genoeg, maar as jy die pot nog bietjie langer kan laat stoom is dit nog lekkerder.
Ek voeg 1 of 2 blikkies geroomde mielies by so na aan die einde van die stomery, en roer dit goed deur.
Roer is seker nie die regte woord nie want jy moet behoorlik die lepel aan die kant indruk en middel toe werk, al om en om . So sal jy seker wees dat alles deur gaar is en dat die mielies goed deur gemeng.
Jy kan natuurlik hier proe of dit sout genoeg is ook.
Die sous kan jy vir jouself baie werk maak en vars uie sny en braai en dan tamaties. Ek gebruik sommer twee blikkies tamaties. Ons kry hier gedroogde uie. Ek sit daarvan in. Partykeer is so n bietjie knoffel ook lekker.
Jy kan seker enige kruie ingooi waarvan jy hou.
Die belangrike is: sout; bietjie asyn; worcestersous; baie belangrik: n teelepel en miskien nog n half bruinsuiker.
Hier is dit ook maar volgens smaak. As jy die sous bietjie meer wil he kan jy nog bietjie water byvoeg en dit weer bietjie dikker maak met Maiziena.
|
|
|